Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grootste kaasfees nóg

Grootste kaasfees nóg
 
2007-04-19


DIE grootste SA Kaasfees nog word die naweek van 27 tot 30 April aangebied word by Bien Donné-plaas tussen Paarl en Franschhoek.

Vanjaar se fees het ’n tikkie Franse flair met eg Franse kase wat spesiaal vir die geleentheid ingevoer is.

Nog ’n interessante nuutjie is die Absa Kaas- en Wynroete waar feesgangers eerstehands kan kennis maak met plaaslike Pinotage-produsente en splinternuwe boetiekkaasmakers van regoor die land.

By die immergewilde Woolworths Kaasemporium kan die grootste versameling kaas onder een dak in lugverkoelde gerief geproe word.

Loer ook by die Mall in vir eksotiese deliprodukte soos druiwepitolie, heuning, kweperjellie, pere ingelê in rooiwyn met framboos en kaneel en ander lekkernye.

Vir ’n unieke kermisatmosfeer in die Bolandse natuurskoon is die Mitchell's Brouery-markplein met die buitelug kaasmark net die plek om bietjie asem te skep.

In die Fynproewerslaan bied top restaurante vanuit die omgewing smaaklike middagetes terwyl die Brawou! orkes in die Ladismith Musiek-Gazebo musiek maak.

Die Kookpot prut vanjaar behoorlik met beroemde kospersoonlikhede wat feesgangers met hul kulinêre kunsies sal betower.

’n Beperkte getal kaartjies is per dag beskikbaar en kan vooraf gekoop word by Computicket-takke landwyd en aanlyn.

Feeskaartjies kos R75 en sluit ’n handige inkopiesak en feesprogram asook alle proeë en demonstrasies in. Wynproeglase is beskikbaar by die hek teen R5 elk.

Senior burgers kan die fees enige dag bywoon teen ’n afslagtarief van R45 en kinders 12 jaar en jonger word gratis toegelaat.

Die hekke sal van Vrydag 27 April tot Sondag 29 April van 10:00 tot 18:00 oop wees en op Maandag 30 April van 10:00 tot 16:00.

Kontak die organiseerder, Agri-Expo, by tel 021-975-4440, per epos by cheese@agriexpo.co.za of besoek die SA Kaasfees se webtuiste by www.cheesefestival.co.za vir meer inligting.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za