Kunskalender
2007-04-19
Teaterkafee: Malva Centauri is vanaand by Dorpstraat op Stellenbosch en môre is dit Gian Groen. Saterdag is dit Clark en V/d Hoven, met Louise Carver Woensdag. Besprekings: 021-886-6107.
Blou Labirint: Die woordkuns-en-musiek produksie oor die labirint, ’n antieke mistiese simbool, word vanaand om 20:00 in die Klein Libertas-teater, Stellenbosch aangebied. Navrae by Una, 084-856-4777.
Jazzorkes: Die Duitse Phoenix Stigting Jeug-jazzorkes sal môreaand om 20:00 ’n gesamentlike uitvoering met die blaasorkeste van die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, asook die Mighty Joy Singers uit Mbekweni lewer in die Endlersaal, Stellenbosch. Kaartjies by die Konservatorium kaartjiekantoor weeksdae, voor die uitvoering by die Endlersaal-loket of 021-808-2345.
Botanical Society: The annual general meeting of the Winelands branch of the Botanical Society will be held in the council chamber at the Franschhoek town hall Saturday at 14:30. For more information, contact Jacqueline Cole on 082-565-5809 or colejm@iafrica.com.
Boekpraatjies: Onlangs het die “Kuberwoordeboek/Cyber dictionary” onder redakteurskap van prof Christo Viljoen verskyn. Saterdag om 11:00 praat hy by Protea Boekwinkel (Stellenbosch).
Kaapjag Expo: Die unieke expo vind Saterdag plaas by die Durbanville Skietklub op die Klipheuwelpad (R302) van 08:30 tot 17:00. Navrae by Carine Walters, 021-949-4007.
Koorklanke: Saterdag om 19:30 tree die Stellenbosch Universiteitskoor en die Akustica Chamber Singers saam op as deel van die musiekreeks in die Welgelegen Kerkgebou in Dalsig, Stellenbosch. Vir navrae en besprekings (kantoorure), skakel 021-886-5975. Kaartjies sal ook by die deur verkoop word.
Die Maket: Die Maket deur Daleen Kruger is van 24 tot 26 April om 20:15 in die HB Thom-teater op Stellenbosch te sien. Vir navrae of besprekings, skakel 021-808-3216.
Paasvertoning: Die Paasvertoning, ’n Venster vol Son, word Woensdag om 19:30 herhaal by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Kaartjies (R20) by die sentrum. Navrae by 021-873-2786.
Uitstal-fees: Uitstallers moet vanjaar voor Vrydag 4 Mei aansoek doen om stalletjies vir die Stellenberg-Feesmark in Durbanville (24 Oktober tot 10 November). Skakel/faks Hester Swanepoel by 021-910-3900 of e-posadres feesmark@stellenberg.co.za.
Exhibition: An exhibition of paintings by Catherina de Bliquy can be viewed at the Orange Mill Art Gallery in Orange Street, Paarl from 27 April to 18 May.
More
News
|