Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bestuur rolblaarvirus

Bestuur rolblaarvirus
 
2007-04-19


ROLBLAARVIRUS het ‘n negatiewe effek op wingerd (afname in groeikrag, vertraagde rypwording en geweldige oesverliese) en uiteindelik ook op die wyn (laer suiker, hoër sure en swak kleur).

Rolblaarvirus word deur middel van witluis oorgedra en die monitering en beheer van hierdie insek, sowel as miere wat ook ’n rol speel in die hele kompleks is dus van uiterste belang.

Natuurlike vyande en chemiese beheer is twee alternatiewe wat gebruik kan word om die witluis te beheer.

Op 4 Mei word ’n Virus Inligtingsdag by Infruitec in Stellenbosch aangebied waar navorsingsresultate bespreek sal word, asook praktiese riglyne hoe om rolblaar en die insekte wat die siekte oordra, te beheer.

Daar sal ook gekyk word na plantverbetering, en watter waarborge dit die produsent bied.

Vir die program of inskrywingsvorms vir die dag, besoek die webwerf www.sasev.org of kontak Melinda van der Ryst by 021-889-6311.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za