Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl rugbyklub klop Scottsdene oortuigend

Paarl rugbyklub klop Scottsdene oortuigend
 
2007-04-19


DIE Paarl Rugbyklub het verlede Saterdag tydens die openingswedstryd van die Eerste Divisie (WP) oortuigend met Scottsdene afgereken deur hulle met 47-10 by die Faurestraat-Stadion te klop.

Alhoewel albei spanne aanvanklik gesukkel het om op dreef te kom, het die Paarl-agttal as ’n eenheid saamgespeel en met goeie dryf- en taktiese bewegings bygedra om verskeie drieë te druk.

Fuad February (voorry), Jaco du Plessis (flank) en die nuwe speler, Clive Samuel (losskakel), het onderskeidelik uitstekende wedstryde gespeel.

Paarl se agterlyn het uitgeblink met sterk verdediging en goeie aanvalspatrone wat hulle teenstanders heeltemal oorskadu het.
Indien Paarl vanjaar met hierdie tipe vertoning kan volhard, is die kans goed dat hulle volgende seisoen in die Superliga kan speel.

Die driedrukkers vir Paarl was Lionel Hugo (2), Anri Greef (1), Strafred Geldenhuys (1), Fuad February (1), Gavin Williams (1) en Clive Samuel (1). Samuel het ook met ses doelskoppe geslaag.

* Ander uitslae: Scottsdene II wen Paarl II 13-10, Scottsdene III wen Paarl III 19-17, UCT o.20 wen Paarl o.20 29-3.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za