Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrouboere kan maar inval vir kompetisie

Vrouboere kan maar inval vir kompetisie
 
2007-04-19


DIE Vroueboer van die Jaar kompetisie, wat deur Departement Landbou georganiseer word, is weer in volle gang.

Vroueboere van die Wes-Kaap word aangemoedig om deel te neem aan hierdie kompetisie wat ten doel het om vroue te vereer vir hul bydrae tot die landbousektor.

“Die Departement Landbou beskou dit as ‘n prioriteit om vroue se betrokkenheid en onontbeerlike bydrae tot die uitbou van landbou, aan die groot klok te hang,” sę Charlene Nieuwoudt, kommunikasiebestuurder van Departement Landbou.

“Hierdie kompetisie gee ons die geleentheid om dit te doen Verder wil ons ook hierdeur ‘n bewustheid kweek van die groot verskeidenheid geleenthede binne die sektor en so jongmense aanmoedig om landbou as loopbaan te oorweeg.”

Belangstellendes kan vanjaar weer in vyf kategorieë inskryf of genomineer word (top uitvoerder, top produsent vir nasionale markte, top produsent vir informele markte en top produsent vir huishoudelike gebruik asook landbouvoorloper van die jaar).

Om vir die eerste kategorie in aanmerking te kom, moet ten minste 30% van die totale produksie vir uitvoermarkte geoormerk wees. Die kriterium vir die tweede kategorie bepaal dat meer as 30% van produkte vir nasionale markte beskibaar gestel moet word.

Verlede jaar se Wes-Kaap wenner in hierdie kategorie, Jeanne Groenewald van Elgin Free Range Chickens, het ook op nasionale vlak die eerste plek behaal.

Kategorie drie is vir diegene wat aan plaaslike informele markte lewer. Die vierde kategorie is vir kandidate wat grootliks vir eie gebruik produseer, soos groentetuine.

Die kategorie vir die landbouvoorloper van die jaar is vir vroue wat ‘n beduidende bydrae tot die landbou in die algemeen maak, byvoorbeeld in terme van ontwikkelingswerk, opleiding of bemarking van die sektor of ‘n spesifieke landboubedryf.

Die kriteria vir hierdie kategorie sluit o.a. in dat kandidate innoverend en kreatief moet wees in hul bydrae tot landbou, hulle moet toegewyd wees tot die beskerming van ons natuurlike hulpbronne, hulle moet gelykheid bevorder en werksgeleenthede skep en onderhou.

Die sluitingsdatum vir inskrywings en nominasies is 26 Junie. Verdere navrae kan aan Gizelle van Wyk gerig word by



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za