Pniel val vas teen Bellville
2007-04-19
DIE Pniel Villagers rugbyspan het Saterdag tydens ’n wegwedstryd teen Bellville Technikon ’n bloutjie geloop, toe die tuisspan hulle met ’n 37-17 oorwinning stert tussen die bene huis toe gestuur het.
Waar die voorspelers van Pniel gewoonlik die grondslag vir die span se sukses gelê het, was hul spel in hierdie kragmeting teleurstellend, aangesien hulle sonder enige vuur gespeel het.
Die besoekers se agterlyn kon ook nie werklik aan die gang kom nie en alhoewel hulle daarin kon slaag om drie drieë te druk, het Bellville hulle oorskadu met vyf kuiertjies agter die doellyn.
Kirwin Cyster (vleuel), Lee Blain (senter) en Gavin Petersen (plaasvervanger) het Pniel se drieë gedruk met Jeremy Koukom (senter), wat een doelskop oorgeklits het.
* Pniel II het met 18-8 verloor terwyl Pniel III met 17-8 gewen het.
More
News
|