Boeremusiekmarathon
2007-04-19
‘n BOEREMUSIEKMARATHON dag word Saterdag gehou op die sportgronde van Laerskool Noord-Eind, Paarl.
Die hekke open 09:00, en die orkeste begin ook te speel vanaf 09:00 tot laat.
Daar is vyf orkeste wat deelneem en elkeen kry ‘n speelbeurt van 45 minute, waarna die volgende orkes sal optree.
Daar gaan ‘n biertuin wees en springkastele vir die kinders. Daar gaan ook motorhandelaars wees wat voertuie gaan uitstal.
Mense wat kans sien om te dans op die gras is meer as welkom. Hulle is ook besig om te kyk om moontlik ‘n prys te gee vir die beste danspaartjies.
Die toegangsgelde is R20 (kinders R5). Die organiseerders sê die prys vir die kinders is so laag, om boeremusiek te bevorder onder die jeug.
Vir enige navrae oor stalletjies of borgskappe, kontak voorsitter Johann Wentzel by 083-357-4552.
More
News
|