Węreldboekedag
2007-04-19
DIE jeugboekskrywer Carina Diedericks-Hugo en die digter Daniël Hugo is die sprekers Saterdag by die Taalmuseum se Węreldboekedag-program in die Paarl.
Diedericks-Hugo is onlangs met twee ATKVeertjie toekennings bekroon vir haar boeke, Operasie M.I.A.A.U. en thomas@nagmerrie.net.
Sy is bekend vir die Thomas@-reeks, waarvan vyf uitgawes reeds verskyn het, en is ook die skrywer van Koning Henry en Oogkontak.
Sy werk by Human & Rousseau as kinderboekredakteur.
Daniël Hugo is die skrywer van ’n hele aantal digbundels - die jongste is Die Twaalfde Letter. Hy doen ook vertaalwerk vanuit Nederlands en Engels en is die samesteller van verskeie bloemlesings.
Hugo is bekend as omroeper by RSG waar hy die programme Vers en Klank, Leeskring, en Die Tale wat Ons Praat behartig.
Die program begin om 10:00 en is gratis. Dit vind plaas by die plaaslike boekwinkel Boek Hoekie te Lady Greystraat 23, Paarl Dit sluit ook ’n besoek aan die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan in.
Bespreek by 021-872-2851 of 082-488-3289.
More
News
|