Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples verloor net-net

Young Peoples verloor net-net
 
2007-04-19


DIE eerste span van Young Peoples rugbyklub het die afgelope naweek die nuwe seisoen op ’n laagtepunt begin nadat hulle met een punt teen Hamlets Rugbyklub op Mamre vasgeval het.

Young Peoples het die eerste helfte oorheers en het teen rustyd met 18-10 voorgeloop.

Die swaarder pak voorspelers van Hamlets het in die tweede helfte hul stempel op die wedstryd begin afdruk alhoewel Young Peoples se verdediging deurentyd bestendig was.

Dit was egter ongedwonge foute aan die kant van Young Peoples wat hul teenstanders die geleenthede gegee het om die oorhand te kry.

Hamlets het die wedstryd 22-21 gewen. Young Peoples II en III het onderskeidelik 8-5 en 36-0 teen Hamlets II en III verloor.

*LAST weekend the first team of Vineyards rugby club came head to head with Peninsula, beating the Capetonians 20-14.

Jody Carollissen (centre) and Hashiem Hendricks (wing) scored tries for Vineyards with Ricky Carelse (fly-half) adding two conversions and two penalties with the boot.

The backline of Vineyards got the upper hand early in the match and played well together resulting in the two tries scored by the outside backs.

Vineyards’ second team won 26-5 and their third team won 22-7.

*DIE eerste rugbyspan van Lower Paarl (Blues) het Saterdag sy eersteligawedstryd teen Whistling Wheels 13-16 gewen.

Die tweede span verloor 8-5 en die derde span ook, met 5-3.

Hulle speel Saterdag weg teen Atlantis. Die bus vertrek om 11:30 van Broadway Supermark in Chicago.

Die klub hou ’n gedenkdiens om sy 70ste verjaardag te vier Woensdag om 19:30 in die St Stephens Kerk in New Orleans. Alle ondersteuners, oud-lede en vriende is welkom.







More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za