Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bewaarder jaag

Bewaarder jaag
 
2007-04-19


EK wil graag ’n beroep op Drakensteingevangenis se bewaarders doen om asseblief die nou pad, padoppervlak en verkeer tussen die tronk en Boschenmeer in ag te neem wanneer hulle bestuur.

Op Vrydag 12 Januarie om 16:30 het ek vanaf Val de Vie in die rigting van E De Waal skooltjie na die Paarl gery.

’n Wit Citi Golf met CL-registrasienommer met ’n bewaarder agter die stuur het agter my gery. Hy het teen ’n hoë spoed vir my en ’n Picanto-motor, ook met ’n bewaarder-bestuurder, op die draai en dubbelmiddellyn verbygesteek.

Asof dit nie genoeg is nie, ry hy tussen ’n Sentra en sementtrok en steek hulle ook verby naby die robot op die nuwe pad.

Ek wil net aan daardie bewaarder vra om nie so te jaag om by sy bestemming te kom nie. Hy stel sy eie lewe en dié van ander padgebruikers in lewensgevaar. Bewaarders, ry asseblief versigtig!

Tony April



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za