Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HJS val vas teen Grey

HJS val vas teen Grey
 
2005-05-19


DIE eerste rugbyspan van Hoër Jongenskool Paarl het Saterdag in Bloemfontein 34-13 teen Grey Kollege verloor.

Sake was teen rustyd gelykop 13-13 elk, maar die tuisspan het in die tweede helfte hul kanse beter benut om die sege te verseker.

* Paarl Gimnasium het ’n harde geveg op hul hande gehad, maar uiteindelik daarin geslaag om Hoërskool Strand 30-24 te klop.
Die Gimmies se voorspelers het die basis gelê vir dié sege.

* In ’n naelbyt-stryd op Wellington het Hugenote naelskraap teen SACS verloor toe die besoekers in die doodsnikke suksesvol was met ’n strafskop en só 23-22 gewen het.

* Paulus Joubert moes die knie buig voor ’n oorgehaalde Hoërskool Stellenbosch in ’n naelbyt-stryd wat 24-22 in die guns van die Stellenbossers geëindig het.

Stellenbosch se groter voorspelers het vroeg in die wedstryd oor die Paarlse span gestoomroller.

Drie puik drieë is kort na mekaar gedruk deur Strand se Alex Roux (haker), Mark Jones (flank) en Rayno van Wyk (skrumskakel). Van Wyk was ook suksesvol met twee van die doelskoppe.

Kort voor rustyd antwoord Paulus se kaptein en binnesenter, Bradwell Swartz, met ’n strafskop om die halftydtelling 19-3 te maak.

In die tweede helfte was daar ’n ommekeer in die Paulus-span en hulle vat skielik vlam.

Ná goeie spel deur haker, Jacques Fredericks, druk Aldrich Armenville langs die pale. Swartz verdoel.

Kort daarna gee Swartz ’n lugskop en heelagter, Fernando Abrahams, kry die bal in die hande en duik oor vir die drie. Hoewel Swartz die doelskop verbrou, druk Alfredo van Rooyen (senter) kort voor die einde en slaag Swartz met die doelskop om Paulus 22-19 te laat voorloop.

’n Laaste verwoede aanslag deur Stellenbosch loop uit op ’n drie deur vleuel Johan Basson wat die wedstryd in Stellenbosch se guns laat swaai.

Ander uitslae: o.14A HS wen 19-10, o.15A PJ wen 46-0, o.19B PJ wen 27-20.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za