Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newton seëvier ondanks foute

Newton seëvier ondanks foute
 
2007-04-19


VERLEDE Vrydag het Newton Rugbyklub hul eerste wedstryd in die Presidentsliga (Boland) tuis oortuigend gewen nadat hulle Young Good Hopes van Ceres met 44-5 vermorsel het.

Volgens die afrigter van Newton, Athol Ontong, is die telling nie ’n ware weerspieëling van die wedstryd nie aangesien die tuisspan se afronding en stelskopwerk gebrekkig was.

Slegs twee van die agt drieë is verdoel wat die telling geweldig beïnvloed het.

Die wedstryd het teen ’n vinnige tempo plaasgevind met Newtons se agterspelers wat verskeie aanvalle geloods het.

Die voorspelers van die Paarliete was ook prominent met hul dryfbewegings en het verskeie kere baie veld gewen.

Bradwell Swartz (2), Clayton Hendricks (2), Eslin Snyers, Marshall Hendricks, Fernando Sauls en Alshaun Bock het drieë vir Newtons gedruk.

Swartz en Christo Fransman het elk met een doelskop geslaag.
Newton se 2de span het Ceres 29-0 geklop.

* Newton Rugbyklub speel eerskomende Saterdag 'n wegwedstryd teen Robertson Rangers. Die bus vertrek stiptelik om 10:30 vanaf "One Up".

Vir inligting, skakel Athol Ontong by 083-358-1784. Spelers word versoek om stiptelik te wees en toeskouers is welkom.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za