Albions klop Coronations
2007-04-19
DIE wedstryd tussen Albions Rugbyklub en Stellenbosch Coronations het verlede naweek toeskouers behoorlik vermaak nadat dié twee spanne in ’n rillerstryd gesamentlik meer as 80 punte aangeteken het.
Albions en Coronations het goeie hardlooprugby gespeel met Albions wat eerste punte aangeteken het.
Die telbord het wipplank gery met die een span wat punte aangeteken het en die ander wat daarop geantwoord het.
Met die rustydtelling op 27-25, in die guns van Albions, was daar bitter min tussen die twee spanne te kies en die tweede helfte het dieselfde trant gevolg.
Die drie van die dag het aan Fharis Adams behoort wat meer as 60m gehardloop het om ’n pragdrie in die hoek te gaan druk.
Lincoln du Preez het die wendrie gedruk om Albions met 44-40 te laat seëvier.
Die speler van die wedstryd was Evan Prins.
Coronations II het 11-6 met Albions II afgereken terwyl Coronations se tweede span ook met 18-8 gewen het.
More
News
|