Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers struikel teen OP

Kavaliers struikel teen OP
 
2007-04-19

Jacques Rossouw

DIE Boland Kavaliers het die afgelope naweek hul rieme styfgeloop nadat die Mighty Elephants van die Oostelike Provinsie hulle met vier punte by Boland-Stadion in Wellington geklop het.

Die span van die OP het teen rustyd reeds met 9-0 voorgeloop danksy drie strafdoele deur die skrumskakel Chris Jonck.

Afgesien van drie geelkaarte teen die Bolanders, het hulle in die tweede helfte teruggeveg en vier drieë gedruk om kort voor die einde met 26-23 voor te loop.

Die spanbestuurder van Boland, Denver Pienaar, het gesê die span het in die tweede helfte beter begin speel. “Ons het goed teruggekom en meer drieë as hulle gedruk.

“Die skrums was baie goed, maar ons lynstane was ’n bietjie problematies. Ons het in die gebroke spel baie swak gevaar wat OP in staat gestel het om omgekeerde balbesit te bewerkstellig. Hulle het punte aangeteken deur ons foute uit te buit.”

Drie minute voor die eindfluitjie het die OP se regtervleuel, Norman Nelson, ’n drie gedruk om die wedstryd finaal met 30-26 in die guns van die besoekers te laat swaai.

Ten spyte van hul nederlaag teen OP, lê Boland tans derde op die puntetabel in die Suidelike Afdeling en kom môre teen die Blou Bulle te staan op Loftus Versfeld in een van die kwarteindronde wedstryde van die Vodacombeker.

Pienaar het verder gesê dat hul voorbereiding vir dié wedstryd soos normaal sal verloop. “Ons gaan soos altyd oefen, maar is bekommerd oor ’n paar ernstige beserings, soos dié van ons kaptein Conrad Burke en Dewey Swartbooi, wat sake bietjie moeilik maak.”



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za