Net sekeres vereer
2007-04-19
DIT is vir my interssant dat die persone wat nou die hardste raas oor mnr Harlan Cloete se brief oor straatname en verering van sekere persone, glad nie 'n problem gehad om in die verlede persone te veereer van die apartheidsregime nie.
So ook vereer ons nog die Britse moordenaars wat 26 000 boervroue rn kinders vermoor het in die konsentrasiekampe (by name Lady Greystraat). In my opinie was sy glad nie 'n lady nie.
Ons moet nou ophou om in hierdie leuen-verlede te leef. Dis tyd dat die waarheid uitkom en dat die roof oor die wond afgekrap word sodat dit ontsmet kan word.
Al die jare is ek geleer op skool dat Piet Retief die groot Trekkerleier was, terwyl dit 'n gedokumenteerde feit is dat hy 'n drankprobleem gehad het en moes vlug uit die dorp, want die polisie wou hom toesluit.
Ek wil voorstel dat daar 'n lys opgestel word van Paarliete wat diep spore getrap het en dat ons sekere strate na hulle vernoem. So vereer ons ons eie mense.
Ek hoop dat ek nog in my leeftyd hierdie veranderinge sal sien.
Andre de Villiers (oud-raadslid ACDP)
More
News
|