Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motorresies 'n onwettige nagmerrie

Motorresies 'n onwettige nagmerrie
 
2007-04-19


AS dit mense met invloed is vir wie straatresies ’n saak is en daaroor kla, dan wonder ek oor my invloed. Ek kla al twee jaar en probeer dit op my voorstoep stop.

Ek was nogal bly toe hulle Parys toe getrek het - net om hulle vanoggend weer terug te hê hier in Klein Drakenstein.

Ja, wettig die jaagtogte en alles wat daarmee saamgaan vir dié wat wil jaag en dié wat wil kyk. Wettig ook sommer seks, moord, verkragting, diefstal en nog wat, want daar is mense wat daarvan hou, selfs dié wat daarvan hou om te kyk.

Dié wat dink die resies hou mense uit die sjebeens, moet tog gaan kyk hoe suip die toeskouers daar op straat. Ja, wettig sommer dit ook, en die geelstreep-parkering.

Dis ook glo net wit mense wat so voorbarig is om 01:30 op ’n Sondagoggend te wil slaap en kla oor die geraas.

Hoekom sluit die jaers nie aan by die motorresiesklubs nie?

Wie het die “drive alive” begin? Vir julle inligting, ’n vrou wie se familie in ’n georganiseerde padresies uitgewis is.

Hoop het ek nie. Die jaers weet seker wanneer die verkeersafdeling hul af-naweke het en dat die polisie nie eintlik mannekrag na twaalf saans het nie.

Aan die jaers en kykers. Ek hoop ons kry alles gewettig wat vir ons lekker is.

Moet net nie staatmaak op flinke diens en wetgewing as een van jou geliefdes sterf as gevolg van iets wat vir jou lekker was nie.

Moeg gekla



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za