Vineyards gee Eersterivier pak
2005-05-19
DIE eerste span van Vineyards het sy plek bo-aan die Divisie 4 punteleer behou deur Eersterivier Saterdag in ‘n opwindende wegwedstryd 21-17 te klop.
Die Paarliete se sukses was grootliks te danke aan die goeie skopwerk van John Koopman. Vineyards se drieë is deur Makkie Heyns (haker) en Anwar Dalvey (skrumskakel) gedruk. Koopman was suksesvol met ‘n skepskop, doelskop en twee strafskoppe.
Die besoekers se staatmakers was Heyns, Adlee Moerat, Hein Pretorius en Niejaaz Abrahams.
Vineyards het rustyd 12-3 voorgeloop, maar moes in die tweede helfte bont staan om die aanslag van die tuisspan se agterlyn te keer. Eersterivier het in die laaste 10 minute hard baklei om hul naelskraapse voorsprong te behou, maar Vineyards het met goeie druk hul teenstanders gedwing om foute te maak en danksy suksesvolle strafskoppe deur Koopman die sege te beklink.
Die tweede en derde spanne het onderskeidelik 24-8 en 24-17 verloor. Vineyards speel Saterdag weg teen Peninsula in Muizenberg. Die bus vertrek om 11:30 en alle senior burgers ry gratis.
More
News
|