Sewestoernooi vir skole
2007-04-19
SATERDAG vind die jaarlikse sewes-rugbytoernooi by die Klein Nederburg Sekondêre Skool plaas. Wedstryde begin om 09:30 en toegang is R5 (R2 vir leerders).
Spanne wat vanjaar gaan deelneem, is dié van die verdedigende kampioen Paulus Joubert, Noorder-Paarl, Charleston Hill Sekondêr, Kylemore, Groendal, Wesbank en KN (gasheer-skool).
Die finale wedstryd skop af teen 16:00. Daar is koeldrank- en burgerverkope.
Verrigtinge word afgesluit met die Mej KN-uitdunne om 18:30 in die skoolarea en toegang by die hekke is R7 per persoon.
More
News
|