Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland juniors presteer by SA's

Boland juniors presteer by SA's
 
2007-04-19


VIER atlete van die Boland het die afgelope naweek uitstekende prestasies behaal tydens die SA Jeug en Junior Kampioenskap in Pretoria.

Janita Stander van Hoërskool La Rochelle het in die meisies o.17 paalspring met ’n poging van 3,40m ’n goue medalje verower, terwyl Jo-Ann Williams van New Orleans Sekondêr met ’n tyd van 1:08,30 ’n tweede plek in die 10 000m stap vir meisies o.19 behaal het.

Liné Barnard van die Hoër Meisieskool Paarl het ’n bronsmedalje ontvang in die gewigstoot item vir meisies o.19. Haar afstand was 12,95m.

Nóg ’n uitsonderlike prestasie was dié van Louw Smit. Smit, voorheen ’n leerder aan Hoërskool Gimnasium en tans ingeskryf by Maties Atletiekklub, het die SA junior rekord tydens die uitdun van die seuns o.19 110mH van 13,74 sek na 13,73 sek verbeter.

Hy het tydens die finaal in hierdie item tweede geëindig weens ’n besering en sodoende ’n silwer medalje verower.

In totaal het 47 atlete van die Bolandspan (ongeveer 70%) aan finale deelgeneem en altesaam 22 medaljes (7 goud, 9 silwer en 6 brons) ontvang.

Die president van Boland Atletiek, dr Harold Adams, het gesê dit is verblydend dat so baie van die jonger atlete aan die finale deelgeneem het.

“Die jonger atlete was gekies om hulle die geleentheid te gee om hulle voor te berei vir die SA Jeug en Junior Kampioenskap in 2008.

“Meer as die helfte van die Bolandse atlete was in finale betrokke en sal in 2008 steeds in die o.17 en o.19 ouderdomsgroepe deelneem wat beteken dat hulle volgende jaar in beter posisies sal wees om medaljes te wen.”

* Nóg ’n oud-Paarliet het by hierdie byeenkoms ’n goue medalje verower. Ferney Kitshoff, ’n voormalige leerder van Hoërskool Gimnasium wat tans in die kleure van Sentraal-Noordwes deelneem, het in die seuns o.19 spiesgooi ’n eerste plek behaal. Sy afstand was 72,78m.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za