Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blues sukkel teen Atlantis

Blues sukkel teen Atlantis
 
2005-05-19


DIE manne van Laer Paarl moes Saterdag alles uithaal om ’n 18-8 sege oor Atlantis te verseker.

Vervoerprobleme het daartoe gelei dat die eer- stespan laat by die Atlantis veld opgedaag het.

Drieë deur Mannie Solomons, Jeremy Wilschutt en Ettiene Alexander en ’n strafskop deur Jenovan Skippers het vir Blues die sege verseker.

Laer Paarl se tweede span het ’n indrukwekkender vertoning gelewer deur ’n rustydagterstand van 22-0 in ’n 23-22 sege te omskep.

* Danksy beter afronding kon Young Gardens Saterdag hul wedstryd teen Young Stars 25-10 in hul guns beklink.

Gardens kon slegs in die laaste 18 minute ’n houvas op die wedstryd kry.

As die tuisspan al die kanse wat hy gehad het om punte aan te teken, gebruik het, kon die bordjies verhang gewees het.

Davey de Kock se skopvoet het ’n groot rol gespeel om Gardens in die wedstryd te hou deur telkens die Young Stars voorspelers te laat omdraai. Jeremy Koukom (losskakel), voorste driedrukker was die speler van die wedstryd.

Ashley Jacobs en Koukom (2) het drieë gedruk terwyl Koukom ook met twee doelskoppe en ’n strafskop geslaag het. Joseph Dirkse was ook in die kol met ’n skepdoel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za