Skoolkoor na Wallis
2007-04-25
DIE dogterskoor van Hugenote Hoërskool is gekeur om in Julie aan die Internasionale Eisteddfod in Llangollan, Wallis deel te neem.
Dit is ‘n groot uitdaging vir die koor en daar word hard geoefen.
Hulle gaan aan twee kompetisies deelneem: die afdeling vir senior kinderkore en die volksliedjie-afdeling.
Vir die senior kinderkoorafdeling was hulle een van net 14 kore uit 300 wat gekeur is om direk aan die hoofkonsert deel te neem. Dit is ‘n besondere pluimpie vir die koorafrigter, Eunice Gildenhuys.
As deel van hulle finale afronding bied hulle op Woensdag 16 Mei ‘n spesiale kooraand aan saam met oudleerling Valiant Swart in die skoolsaal van Hugenote Hoër. Kaartjies is by die skool te koop.
Dié dogterskoor is ‘n multikulturele koor wat die afgelope nege maande geweldig ontwikkel het en die skool se naam op ‘n besondere wyse uitbou.
More
News
|