Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paalspringers soek vastrapplek in Boland

Paalspringers soek vastrapplek in Boland
 
2005-05-19


DIE Bolandse atlete het die afgelope dekade met atlete soos Okkert Brits, Elmarie Gerriths en Fanie Jacobs op beide nasionale en internasionale vlak hul merk in paalspring gemaak.

Die Bolanders Brits, Jacobs, Annelie van Wyk, Juanita Stander, Nicola Loots, Christiaan Norman, Henco Nienaber, Gerhard du Plessis, Francois Germishuys, Ian Kucharski en Christian Norman het vanjaar tydens die SA atletiekseisoen op streek- en nasionale vlak bykans 20 medaljes gewen.

Om te verseker dat die standaard nog verder verhoog, het die paalspring-afrigters asook verskeie atlete onlangs in Paarl vergader om die 2005 seisoen in oënskou te neem en ’n strategie te bespreek vir volgende jaar.

Afrigters wat die vergadering bygewoon het, was Joep Loots, Louis Nienaber, Anton Howell en JP Vermeulen.

Atlete wat ook teenwoordig was, was Brits, Jacobs, Johan du Plessis en Samantha Dodd.

Wat veral interessant is, is dat verskeie van die paalspringafrigters se kinders nou ook op nasionale vlak begin presteer het.

So byvoorbeeld het Joep Loots van Maties Atletiek se dogter, Nicola, goud gewen in die Jeugkategorie by vanjaar se SA Jeug en Junior-kampioenskappe.

Ook Louis Nienaber van Paarl Atletiek se seun het by dié byeenkoms brons verwerf in die jeug-kategorie.

Wat ook verblydend is, is dat Elmarie Gerryts, huidige Suid-Afrikaanse en Afrika Paalspring rekordhouer, ook vanjaar na die Boland teruggekeer het na ’n afwesigheid van ’n paar jaar.

Sy bly tans in Wellington en werk in Paarl. Sy het reeds laat blyk dat sy bereid is om paalspringatlete te help om voor te berei vir die komende seisoen.

Vir navrae, skakel Richard Stander, uitvoerende beampte van Boland Atletiek, by 072-347-8964.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za