Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ontbloter

Ontbloter
 
2007-04-25


DIE jong man van Noorder-Paarl wat op heterdaad betrap is toe hy homself aan ’n vrou ontbloot het, sal vir die volgende ses maande agter tralies sit.

Jaco Nel (22) het op 1 Februarie na ’n vrou gestap wat in haar voertuig gewag het vir haar kind. Hy het sonder waarskuwing sy broek oopgerits en hom aan haar ontbloot.

Nog voordat hy sy gulp kon toerits is hy deur ooggetuies vasgetrek en aan die polisie oorhandig.

Na bewering was dit nie die eerste keer dat Nel so opgetree het naby die skool nie.

Kort na Nel se inhegtenisname het hy in die Paarl landdroshof verskyn en is borgtog van R300 aangebied.

Hy kon egter nie die kontant bymekaar skraap nie en is sedertdien in aanhouding by Allandale gevangenis.

Nel het Maandag met sy hofverskyning skuldig gepleit op ’n aanklag van onsedelike gedrag en is effektief tot ses maande gevangenisstraf gevonnis.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za