Twaalf finaliste aangewys
2007-04-25
DIE twaalf finaliste in die Miss Winelands-kompetisie het in die volgende weke wat die gala-aand op 8 Junie voorafgaan, ’n hele klompie verpligtinge om na te kom.
Op 4 Mei besoek hulle die Salvation Army se Island of Hope, wat skuiling bied aan mishandelde kinders, en sal daar kospakkies uitdeel en tyd saam met die kinders deurbring.
Op 11 Mei besoek hulle die Athlone House of Strength, waar hulle weer kospakkies uitdeel en saam met die mishandelde vroue en kinders tyd spandeer.
Die meisies samel geld in vir die twee welsynsorganisasies wat dan ná die gala-aand verdeel sal word en aan die organisasies oorhandig word.
Op 18 Mei is daar ’n funksie op Seidelberg Wynlandgoed, waar die finaliste die borge ontmoet.
Die groot aand, wanneer die wenner en haar twee prinsesse aangekondig word, is op Vrydag 8 Junie in die Paarlse stadsaal.
Daar sal ’n program wees van sang en danse, asook ’n parade deur die finaliste in hulle swemdrag, dagdrag en aanddrag.
Tafels met tien sitplekke sal te koop wees, en besighede word dringend versoek om besprekings te doen van tafels vir die groot aand. Mense kan ook kaartjies op die galery of op die balkonne bespreek.
Bespreek by 083-460-2324 of by info@misswinelands.co.za.
More
News
|