Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fortuin droog op

Fortuin droog op
 
2007-04-25


DIE restaurant Stumps by Boland Krieket sal voor die einde van die maand sy deure moet sluit.

Die kontrak tussen die Krieketraad en spysenier Tommy Fortuin word nie verleng nie. Inteendeel, Fortuin is gelas om R125 000 vir hofkoste op te dok na hul meningsverskil.

Hierdie beslissing in die Hooggeregshof is die klimaks van meer as vyf jaar van struweling tussen Fortuin en Boland Krieket.

Fortuin het die aanname gemaak dat die Krieketraad hom die uitsluitlike regte tot spyseniering en drankverkope by Bolandpark gegee het en het skadevergoedeing van R5,5 miljoen geëis vir verlies aan inkomste.

Dié aspek is verlede jaar bereg. Die partye het buite die arbitrasieforum geskik, op die basis dat Fortuin R550 000 kry, maar dat hy verder geen regte van enige aard op die perseel het nie en dat hy Stumps sal ontruim teen einde April, die einde van die krieketseisoen.

Daar was geen erkenning van enige skuld deur enige party nie en die skikking het alle regskostes en alle eise wat enige party teen mekaar mag hê, ingesluit.

Die prokureurs Faure & Faure het die bedrag aan Fortuin se prokureurs aangestuur. Die geld is in ontvangs geneem waarna Fortuin voorgehou het dat hy nie betaal is nie.

Faure & Faure se betoog dat Fortuin die hof om die bos probeer lei het, is voorverlede week in die Hooggeregshof aanvaar deur waarnemende regter WP Nagan.

“Die respondent het onvanpas en selfs irrasioneel opgetree,” het Nagan bevind, en Fortuin beveel om die regskoste vir die aansoek te delg.

Indien die regskoste nie vereffen word nie, sal daar op Fortuin se bates beslag gelê word en indien Stumps en die dameskroeg nie teen die einde van die maand ontruim is nie, sal ’n onmiddellike uitsettingsbevel verkry word.

* The restaurant Stumps at Boland Cricket Park has been ordered to close its doors this month.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za