Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Driekuns vir Langeveldt

Driekuns vir Langeveldt
 
2005-05-19


DIE Protea-krieketspeler, Charl Langeveldt, het verlede week elke Suid-Afrikaner, maar veral sy ondersteuners in sy tuisdorp, Paarl, se harte laat warm klop.

Langeveldt het met ’n driekuns in die laaste beurt van die derde eendagtoets teen die Wes-Indiese Eilande ’n sege vir die Suid-Afrikaners verseker.

Die Windies moes slegs vier lopies in die laaste beurt aanteken, met nog drie paaltjies in die bank.

Langeveldt het egter ander planne gehad en die laaste drie paaltjies met die derde, vierde en vyfde balle platgetrek.

Dié sege, die besoekers se derde, het dan ook verseker dat Suid-Afrika die reeks van vyf eendagwedstryde beklink het.

Langeveldt wat voorheen vir die Young Peoples Krieketklub en Boland gespeel het, maar deesdae vir die Hoëveld Leeus in aksie is, het met ’n boulontleding van 5/62 in 9,5 boulbeurte gespog.

Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat ’n driekuns in eendagkrieket kon behaal.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za