De Priester by Waterpoel
2007-04-25
JAK DE PRIESTER word baie gesien met sy funky vierstuk-band en ook in sy nuwe produksie ‘De Priester en een Kerkorrel’, waar hulle ses mense op die verhoog is.
Maar die mees intieme en genotvolle vertonings vir Jak de Priester self, bly die klaviervertonings.
Op Donderdag 26 April by Waterpoel in die Paarl word Jak begelei deur ’n splinternuwe pianis, Chris van der Westhuizen van die Kaap.
Dit is die tipe show wat dieper raak en temas soos die liefde aanspreek.
Jak sing van sy bekende liedjies soos ‘Binnelanders’ (die gewilde temalied van die MNet drama-reeks) en ‘Sally Williams Nougat’ asook ’n paar van sy nuwe liedjies.
En dan is ’n Jak de Priester vertoning natuurlik nie voltooi sonder ’n paar skreeusnaakse stories uit sy lewe en ’n paar gedigte uit sy bundel nie.
Bespreek by Trudy, 082-896-9863 (net 50 kaartjies).
More
News
|