Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples wen so-so

Peoples wen so-so
 
2005-05-19


DIE Tiere van Young Peoples het Saterdag op Daljosafat hul swakste vertoning nog vanjaar gelewer toe hulle Silvertree sukkel-sukkel met 22-10 geklop het. Die Tiere was rustyd 15-10 voor.

Peoples het sy teenstanders heeltemal onderskat en hom vasgeloop teen seker een van die mees negatiewe spanne teen wie hy al gespeel het.

Die besoekers het vroeg al besef dat hulle nie die wedstryd sal wen nie, en hulle toegespits op negatiewe en onsmaaklike taktiek.
Peoples kon nooit werklik aan die gang kom nie, en het uit frustrasie self begin vrotsig speel.

Die toeskouers moes hul oë knip om seker te maak dis dieselfde span wat die afgelope paar weke hul teenstanders stukkend gespeel het.

Die Tiere sal hulself baie vinnig moet regruk as hulle enigsins ’n kans wil staan om Saterdag vir Albions te klop.

Daar is geen manier hoe hulle met sulke power spel teen ’n kwaliteit-span sal wegkom nie en die lekker van vyf agtereenvolgende seges sal min beteken as die Tiere oormôre vasval.

Albions is self skitterend op dreef, en sal Peoples se jong turke behoorlik toets.

Jody Davids (vleuel) en Thysie Pietersen (heelagter 2), het Peoples se drieë gedruk.

Die losskakel Delwaine Cornellissen het twee gedoel en senter Kurt Martin het ’n skepdoel behaal.

Peoples II en III wen onderskeidelik 52-0 en 24-0.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za