Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike kaasmakers by fees

Plaaslike kaasmakers by fees
 
2007-04-25


EEN van die Wynland se kaasmakers wat by vanjaar se Kaasfees (27 tot 30 April) te sien sal wees, is Petrina Visser met haar bekroonde Dalewood Fromage kase.

Petrina het ses jaar gelede die drastiese skuif gemaak vanaf die bemarkingswêreld na ‘n plaas in Simondium, waar sy haar toespits op die taak van kaasmaak. Dalewood kase word sorgvuldig per hand gemaak deur organiese boerderymetodes te gebruik.

Dalewood Fromage het by die 2006 Suiwelkampioenskappe twee Qualité-toekennings ontvang vir hul Huguenot en Brie met Chilli kase.

Die Qualité-toekenning word beskou as die hoogste eer in die suiwelbedryf en word net aan besondere produkte toegeken.

Dieselfde jaar is Wineland Blue ook as kampioen gekroon. Hul eiesoortige Huguenot kaas is in 2005 as Suiwelkampioen, mees innoverende kaas, bekroon.

Hul Wineland Brie with Green Fig het, ook in 2004, ‘n silwer medalje by die World Cheese awards in Londen gewen. Dieselfde jaar word hul deur die Slow Food beweging benoem vir hul kreatiewe bydrae tot die uitbreiding van handgemaakte Suid-Afrikaanse kase.

Dalewood Fromage Wineland Brie is in 2003 jaar by die Nasionale Suiwelkampioenskappe as ‘n kampioen bekroon. Kaasliefhebbers kan uitsien daarna om Dalewood se Huguenot kaas, wat by die Kaasfees bekend gestel gaan word, te proe.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za