Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SA Terroir-toekennings

SA Terroir-toekennings
 
2007-04-25


DAAR is ‘n besliste toename in wynprodusente wat klem wil lę op die unieke oorsprong van hul wyne.

Die Wyn- en Spiritusraad het die afgelope jaar verskeie nuwe wynwyke en wyndistrikte goedgekeur en geregistreer na aansoeke deur produsente uit spesifieke gebiede, sę Marius Labuschagne, projekleier en stigter van verlede jaar se eerste SA Terroir Wyntoekennings.

“‘n Teikenmark bestaan vir ernstige wynliefhebbers en wynversamelaars wat fokus op uitsonderlike produkte uit eiesoortige terreine. Dit word veral geniet in ‘n leefstyl wat gepaard gaan met onthaal, uiteet, wynklubs en internasionale fynproewers.”

Benewens gesertifiseerde wyne uit ‘n spesifieke wyk, is daar 129 eenhede geregistreer vir die produksie van landgoedwyne, waarvan die meeste se oorsprong Stellenbosch (48) is, gevolg deur Paarl (27), Robertson (19), Breedekloof (6) en Tygerberg (5).

Daar is ook ‘n beduidende toename in eenhede geregistreer vir die produksie van enkelwingerdwyne.

Met ‘n wyk val die klem sterk op klimaat en ekologiese faktore wat onder omstandighede so eenvormig as moontlik moet wees, aangesien grond en klimaatsfaktore ‘n duidelike invloed op die karakter van die wyn het.

Die SA Terroir Wyntoekennings fokus op gesertifiseerde wyne van oorsprong van ‘n spesifieke wyk, landgoed of wingerd, en verteenwoordig in die resultate die uitsonderlike top wyne van die verskillende wyngebiede.

Die nasionale wenners word uit daardie wyne gekeur. Aangesien baie van hierdie wyne nie deel is van die meer kommersiële reekse nie, is die voorraadvereiste slegs 270 liter, oftewel 30 twaalfbottel-kiste.

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die tweede SA Terroir Wyntoekennings is 29 Mei. Meer inligting is beskikbaar by tel 021 863 0397, of e-pos events@ definitelydifferent.co.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za