Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newton nog op koers

Newton nog op koers
 
2007-04-25


VERLEDE Saterdag het Newton Rugbyklub ’n moeilike wegwedstryd teen Robertson Rangers gespeel met die Paarliete wat naelskraap 24-22 gewen het.

Newton het vroeg die voortou geneem met ’n strafskop deur die losskakel Christo Fransman en ’n verdoelde drie deur die vurige flank, Eslin Snyers.

Die span van Robertson het kort voor halftyd hul rekening met ’n drie geopen, maar was aan die einde van die eerste helfte 10-5 agter.

Rangers het gedurende die tweede helfte die krane oopgedraai en met skitterende agterlynbewegings Newton onder druk geplaas.

Die besoekers het egter nie gaan lê nie en het verbete geveg om die wedstryd weer in hul guns te laat swaai.

Nog twee drieë deur Bradwell Swartz (senter) en Marshall Nero (plaasvervanger) het die wedstryd finaal vir Newton beklink.

Newton se tweede en derde spanne het ook sukses behaal deur onderskeidelik met 10-6 en 7-5 met Rangers af te reken.

* Newton speel Saterdag hul eerste tuiswedstryd in die Presidentsliga (Boland) teen Paardekloof by Newton Park.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za