Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wedloop vind Vrydag plaas

Wedloop vind Vrydag plaas
 
2007-04-25


DIE jaarlikse Erfenisdag Vryheidswedloop oor 18,5 km van Drakenstein Gevangenis na die Pniel Vryheidsmonument vind weer Vrydag plaas.

Die wedloop word sedert 2003 jaarliks aangebied deur Pniel Congregational Kerk, in samewerking met die Drakenstein Gevangenis Atletiekklub.

Deelnemers meld om 05:00 op Pniel aan en om 06:30 word hulle per bus na die wegspringpunt by die gevangenis vervoer.

Die wedloop word voorafgegaan deur ’n seremoniële stap langs die roete waarlangs Madiba na vryheid gestap het. Deelnemers word aangemoedig om hieraan deel te neem en om ’n kers saam te bring. Deelnemers spring om 07:15 weg.

Daar is ook ’n pretstap oor 10 km. Seniors kan aan ’n 3 km-stap by Groot Drakenstein deelneem.

Vir navrae of inskrywings, skakel Noleen Rose by 021-885-1300 (k) of 082-346-5269, Noleen Hendon by 072-785-6529 of Matthew Cyster by 083-324-7691.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za