Vroue sokkertoernooi
2007-04-25
VROUE sokkerspanne van Drakenstein hou Dinsdag 1 Mei ’n vriendskaplike toernooi by die Boy Louw sportvelde in Noorder-Paarl.
Die toernooi vind plaas ter voorbereiding van die Boland Superliga wat later dié maand gehou word.
Die spanne wat deelneem, is Lady Hawk, Paarl Pirates, Young Juventis, Newton United, Saints, Paarl Ladies en Wellington United.
Vir navrae, kontak Francisco Naudé by 082-902-8042 of Francois Krotz by 074-283-2446.
More
News
|