Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Daniels doen dit vir Albions

Daniels doen dit vir Albions
 
2007-04-25


ONDANKS ’n harde wegwedstryd teen Belhar Rugbyklub die afgelope naweek, het die eerste span van Albions Rugbyklub daarin geslaag om hul opponente met 16-10 te wen.

Die besoekers het aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom, maar het mettertyd hul greep op die wedstryd versterk.

Albions se voorspelers het die basiese aspekte van die spel bemeester om sodoende die botoon in die vaste fasette te voer.

Die heelagter van Albions, Dominic Daniels, het tydens die eerste helfte met drie strafskoppe geslaag om sy span teen rustyd met 9-3 te laat voorloop.

Gemain Poggenpoel, senter van Albions, het gedurende die tweede helfte die besoekers se enigste drie gedruk.

Alhoewel Belhar self ook ’n drie gedruk het, was dit die skopskoen van Daniels wat die verskil gemaak het.

Albions se tweede span het in hul kragmeting die onderspit gedelf met Belhar wat hulle 14-5 geklop het.

Die derde span het ook nie die mas opgekom nie en het hulle wedstryd 12-5 verloor.

* Albions se volgende wedstryd is Saterdag 5 Mei teen Young Peoples.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za