Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers speel uit vir plek in Curriebeker

Kavaliers speel uit vir plek in Curriebeker
 
2007-04-25

Jacques Rossouw

DIE Boland Kavaliers het verlede Vrydag hul kanse verspeel om deur te dring na die semi-finale van die Vodacombeker-reeks nadat die Blou Bulle hulle met 43-27 op Loftus Versfeld verslaan het.

Die spanbestuurder van die Kavaliers, Denver Pienaar, het gesê die Bolanders het die wedstryd vroeg in die tweede helfte verloor.

“Ons het ’n uitstekende eerste helfte gehad en was teen rustyd net met een punt agter.

“Renfred Dazel en Pieter Wium het elkeen 'n drie gedruk terwyl Jacques Schutte met twee doel- en twee strafskoppe geslaag het.

"Swak verdediging vroeg in die tweede helfte het die Bulle die geleentheid gegee om twee drieë te druk wat die wedstryd uit ons hande geneem het.

“Indien ons ons kanse beter gebruik het, kon ons ook meer punte aangeteken het, maar hanteringsfoute op kritieke tye het veroorsaak dat ons twee seker drieë weggegooi het,” het Pienaar verduidelik.

Hy het verder gesê dat die Bolanders se skrum- en lynstaanwerk sterk was en dat spelers soos Andries Human en Janru van Niekerk baie goed vertoon het.

Alhoewel die Bolanders se veldtog in vanjaar se Vodacombeker iets van die verlede is, staan hulle nog steeds ’n kans om te kwalifiseer vir die Curriebeker-reeks wat later vanjaar begin.

Boland gaan in twee uitspeelwedstryde teen die Pumas te staan kom vir ’n plek in dié kompetisie.

“Die span wat die meeste ligapunte ná hierdie twee wedstryde het, sal kwalifiseer om in die Curriebeker te speel.”

Die laaste keer wat hierdie twee spanne teen mekaar gespeel het, was in verlede jaar se Vodacombeker-kompetisie. Die Pumas het hierdie kragmeting gewen.

Die eerste uitspeelwedstryd vind 12 Mei in Witbank plaas en die tweede wedstryd 19 Mei op Wellington.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za