Regter trap Gouws uit in hof
2007-05-03
DIE Paarliet Marthinus Gouws is onlangs in die Rondgaande Hof in Vredendal voor stok gekry deur regter Siraj Desai, wat ‘n klag van bedrog teen hom aanhangig gemaak het.
Gedurende ‘n verhoor het dit aan die lig gekom dat Gouws, van “Gouws & Gouws Konsultante”, verlede week R11 050 deur ‘n ouer van een van vyf aangeklaagdes betaal is om ‘n regspan bymekaar te kry wat haar seun sou verdedig in 'n moordsaak.
Volgens Gouws was die ouer nie tevrede met die huidige regsverteen-woordiging nie.
Hy sou die geld gebruik om die regsverteenwoordigers se onkoste te betaal asook alle ander onkostes wat hieraan verbonde is.
Gouws sou glo ook insit tydens die verhoor en sodoende die inligting gebruik wat daar openbaar word.
Gouws, wat die oggend sou opdaag, het egter eers na die middag sy verskyning in die hof gemaak.
Regter Desai het Gouws in die hof in die beskuldigde bank geplaas en hom opdrag gegee om die ouer se geld terug te gee. Hy het ook aan die polisie opdrag gegee om 'n klag van bedrog teen Gouws te ondersoek.
"Ek wil dit baie duidelik maak aan hierdie gemeenskap om onder geen omstandighede geld te gee aan hierdie tipe persoon nie," was regter Desai se instruksie.
Gouws het ontken dat hy voorgegee het hy 'n prokureur of advokaat is. Die ouer het glo ‘n verband op haar huis geneem om hom te betaal.
* Paarlite Marthinus Gouws has been ordered in court to refund a mother the R11 050 he took for legal services he could not deliver.
More
News
|