Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nat paaie eis twee

Nat paaie eis twee
 
2007-05-03


GURE weerstoestande het die afgelope naweek bygedra tot talle ongelukke op die paaie wat ook die lewens van twee slagoffers geëis het.

’n Student van Stellenbosch is Donderdagaand dood, toe haar motor van agter voor ’n toerbus ingestamp is. Die gru-ongeluk het ongeveer 18:00 in swaar reën plaasgevind.

Samantha Reinecke (21) was saam met ’n vriendin onderweg na haar ouerhuis in Oudtshoorn toe die noodlot getref het.

Sy het agter ’n voertuig stilgehou wat by Simonsvlei Wynkelder ingedraai het en volgens ooggetuies het ’n bakkie van agter af in haar vasgejaag en haar motor voor ’n aankomende toerbus ingestamp.

Reinecke is binne die voertuig vasgepen terwyl die nooddienste gespook het om haar met hidrouliese toerusting te bevry.

Die toerbus was vol geneeshere van Indië wat die area besoek het tydens ’n konferensie wat hulle in Kaapstad bygewoon het.
Van hulle is lig beseer en is deur hul kollegas te hulp gesnel.

Nadat reddingswerkers daarin geslaag het om vir Reinecke te bevry is sy is na die Paarl MediClinic geneem met veelvuldige beserings, maar het kort na haar aankoms gesterf.

Saterdagaand is ’n vrou van Delft op slag dood, toe die voertuig waarin sy en vyf ander mense gery het, die pad verlaat het in Groot Drakenstein.

Hul Toyota Corolla het gerol en Aneeta Jacobs is uit die motor geslinger. Sy is vermoedelik op slag dood terwyl die ander insittendes slegs geringe beserings opgedoen het.

Talle kleiner ongelukke het ook oral in die Drakenstein-gebied plaasgevind.

’n Woordvoerder van die verkeersowerhede het gesê dat met die aankoms van die winter padverbruikers daarop moet let dat die paaie dikwels nat en glyerig gaan wees. Dus moet hulle uiters versigtig bestuur wanneer hulle die paaie gebruik.

* Two people were killed in car crashes over the past weekend on the wet roads of Drakenstein.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za