Asterskou kom
2007-05-03
DIE gewilde Wellington Tuinbouvereniging se jaarlikse Krisanteskou vind vanjaar op 12 Mei in die Wellington stadsaal plaas.
Die blomme sal vanaf 09:00 tot 11:00 beoordeel word deur bekende krisantekwekers soos Bernard Mentoor, Ruaan Baard en Richard Williams.
Behalwe die honderde blomme wat ten toon gestel word, sal daar ook heerlike gebak en naaldwerk-items op skou wees.
Blomme kan van 12:00 besigtig word en teen 16:00 sal hulle te koop aangebied word teen R60 per dosyn of R30 per half-dosyn.
Verversings is beskikbaar en toegang is R10 per persoon.
More
News
|