Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses klop Ceres net-net

Roses klop Ceres net-net
 
2007-05-03


DIE verdedigende Boland-kampioene, Roses United Rugbyklub, het Saterdag tydens ’n tuiswedstryd naelskraap met die omstrede span Delicious Rugbyklub van Ceres afgereken.

Die Rose se eerste span het 18-14 as oorwinnaars uit die stryd getree. Die tweede en derde spanne van Roses het hul wedstryde 13-11 en 17-0 gewen. Ceres Delicious, wat verlede jaar betrokke was by die wedstryd waarin Riaan Loots (Rawsonville) sy lewe verloor het, kom eerskomende Saterdag vir die eerste keer ná dié voorval teen Rawsonville Rugbyklub te staan.

Dit wil voorkom of Rawsonville nie bereid is om enige ligapunte prys te gee nie en besluit het om die stryd teen Delicious, wat tans ’n baie goeie span met verskeie spelers van die Paarl ingesluit, voort te sit. Wellington Rugbyklub het hul wedstryd van twee weke gelede teen Delicious voorlopig uitgestel totdat die Ceres-span se appèl afgehandel is.

Volgens die voorsitter van Wellington Rugbyklub, Dolf Stemmet, is geen ligapunte verbeur nie en sal daar in ’n latere stadium ’n datum vir dié kragmeting vasgemaak word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za