Karateproewe in Paarl
2007-05-03
DIE Boland proewe vir alle-style karate (BASK) vind Saterdag in die Carel Redelinghuys-saal (Paarl Gimnasium) plaas.
’n Addisionele Unison Kata-afdeling sal ook aangebied word en beloof om ’n spogvertoning te wees. Registrasie is 08:00 en die geleentheid word 09:00 deur die president van BASK, Louis Nel, geopen.
BASK is geaffilieer by Karate Suid-Afrika en dié kompetisie dien as voorbereiding vir die SA ASK kampioenskap vir juniors en kadette wat 2 Junie in Durban aangebied word.
Boland sal ook goed verteenwoordig word by die Wes-Kaap ASK toernooi in Oudtshoorn (30 Junie). Vir inligting, skakel Patrick Ross by 082-656-2555.
More
News
|