DIE ACVV hou Woensdag 9 Mei om 09:30 ’n vergadering by die Toringkerksaal om die Paarlse Nagskuiling te bespreek en hoe die gemeenskap daarby betrokke kan raak. Ds Christo Botha sal ’n bespreking voer oor die doel van die Nagskuiling. Toegang (R10) sluit in tee, koffie en verversings.