Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


De Villiers stoei goud los

De Villiers stoei goud los
 
2007-05-03


DIE stoeier Beyers de Villiers van Hoër Jongenskool Paarl het verlede Vrydag as verteenwoordiger van die Genesis Stoei-Akademie aan die SA Grieks-Romeinse Styl Jeugstoeikampioenskap in Polokwane deelgeneem.

De Villiers het in die 63kg tot 69kg afdeling vir o.15’s ’n goue medalje verower en is bekroon as die SA Jeugkampioen in hierdie kategorie.

* Die Westelike Provinsie Stoeibeampteraad bied môre ’n graderingskursus vir beamptes by die Parow rekreasiesentrum aan.
Alle belangstellendes en geaffilieerde klubs en akademies (WP) word uitgenooi. Vir inligting, skakel Willem Giliomee by 083-679-2410.

* Die Boland Sportvereniging vir persone met gestremdhede vergader 8 Mei om 19:00 by die Gawie de la Bat Kleuterskool in Worcester.
Verteenwoordigers van alle geaffilieerde klubs moet die geleentheid bywoon. Enige persone wat graag by dié klub se aktiwiteite wil inskakel, is welkom om die vergadering by te woon. Vir navrae, skakel Sarie by 023-342-8171.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za