Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dlomo wen halfmarathon

Dlomo wen halfmarathon
 
2007-05-03

Jacques Rossouw

DIE twintigste Safari-halfmarathon het Dinsdag plaasgevind met meer as 8000 atlete wat aan die 21km wedloop, 10km stap en 5km pretdraf deelgeneem het.

Hierdie byeenkoms is die tweede grootste padwedloop in die Wes-Kaap met slegs die Two Oceans-marathon wat meer deelnemers (ongeveer 20 000) lok.

Die halfmarathon het in fantastiese sonskynweer plaasgevind en die toestande was so te sê volmaak.

Norman Dlomo (MP Celtic) het die 21km in ’n tyd van 1:04.35 afgelê, bietjie meer as ’n minuut stadiger as die rekord wat deur Xolile Yawa in 1988 opgestel is.

Nkosixolo Sonqibido en Luketz Swartbooi het onderskeidelik die tweede en derde plekke geneem.

Hierdie drie atlete het binne agttien sekondes van mekaar klaargemaak.

Die eerste vrou oor die wenstreep was Zintle Xiniwe (1:19.11) met Ntomsintu Mfunzi (1:19.24) en Thozama April, laas jaar se vrouewenner, wat kort op haar hakke gevolg het.

Die wentyd in hierdie afdeling was omtrent ses minute buite die rekord wat deur Elana Meyer gehou word.

Ricardo Jakobs, wat verlede jaar algeheel vierde geëindig het, was die eerste Wellingtonner oor die wenstreep, twee minute ná Dlomo, in vyfde plek.

Danette Smith en Sipho Phala het onderskeidelik die eerste plekke onder die junior meisies en seuns behaal. Ilse Jakobs van Wellington was in die tweede plek na Danette.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za