Jazz-aand by Ou Meul Teater
2007-05-03
DIE La Musique musiekskool bied Saterdagaand ‘n aand van jazz met sangers Zolani Bongo, Mimi Haasbroek en die RDP jazz band om 19:00 in Ou Meul Teater.
Die jong Zolani het ‘n groot liefde vir jazz en sing dit met oorgawe. Die RDP Jazz band is ‘n baie bekende groep van die Kaap en het al wyd internasionaal gespeel.
Zolani se oom George is vriende met Spencer Mbadu wat die baskitaar bespeel. Hulle het Zolani per geleentheid hoor sing en aangebied om gratis op sy solokonsert vir hom te kom begelei.
Kaartjies is R50 en sluit verversings in. Skakel Mimi by 082-585- 0632 of Jane 082-518-4609.
More
News
|