Kom sing by streekkoorfees
2007-05-03
BOLAND KOLLEGE bied ’n groot streek-koorfees aan op Vrydag 11 Mei om 19:00 in die saal van die Drakensteinkampus in Hospitaalstraat, Paarl.
Hierdie prestige-geleentheid dien as afsluiting van hulle kultuurweek, maar is ook ’n projek van die studenteraad om die gemeenskap na die kollege te nooi.
Daar sal geen toegangsfooi gehef word nie, maar ’n vrywillige bydrae word gevra, die opbrengs waarvan sal gaan aan ’n verdienstelike organisasie in die gemeenskap.
Hulle nooi kore en sanggroepe in die Boland omgewing om deel te neem aan hierdie aand.
Van elke koor sal verwag word om drie nommers in een of meer van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap uit te voer, of van kulturele erfeniswaarde moet wees.
Skakel Daniel Lötter by 076-024-0333 of Hannalie Kitshoff by 021-872-3156, vir inskrywingsvorms.
More
News
|