Valiant en koor
2007-05-03
DIE dogterskoor van Hugenote Hoërskool is gekeur om in Julie aan die Internasionale Eisteddfod in Llangollan, Wallis, deel te neem en daar word hard geoefen.
As deel van hulle finale afronding bied hulle Woensdag 16 Mei ‘n spesiale kooraand aan saam met oudleerling Valiant Swart in die skoolsaal. Kaartjies is by die skool te koop.
Hulle gaan in Wallis aan twee kompetisies deelneem: die afdeling vir senior skoolkore en die volksliedjie-afdeling.
Vir die senior kinderkoorafdeling was hulle een van net 14 kore uit 300 wat gekeur is om direk aan die hoofkonsert deel te neem.
Dit is ‘n besondere pluimpie vir die koorafrigter, Eunice Gildenhuys.
More
News
|