Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pottie soek werk

Pottie soek werk
 
2007-05-03


DIE bekende Frank Opperman is op Donderdag 24 Mei te sien in ‘Die Uwe Pottie Potgieter' by Simonsvlei, Paarl.

Dié nuwe Afrikaanse, eenman-komedie is geskryf deur Dana Snyman en die regie word behartig deur Albert Maritz.

Dit vertel die komiese dog roerende verhaal oor die wel en weë van Pottie Potgieter, ’n middeljarige man wat sy werk as boekhouer by Theron, Visser en Dlamini verloor ná twintig jaar se diens.

Die toneel speel af in Pottie se sitkamer. Hy kom so pas terug van sy 143ste werksonderhoud. Werk is skaars vir ’n bakkies soos syne.
Hy neem die gehoor op ’n reis deur die wêreld van die werklose, hy besef dis eers wanneer jy werkloos is dat jy ander werkloses raaksien.

Bespreek by 021-863-3040, 082-418-4748, faks 086-634-6561 of lynette@simonsvlei. co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za