Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koffiehuiskonsert

Koffiehuiskonsert
 
2007-05-03


‘n GALA koffiehuiskonsert met musiek, woordkuns en sang word op Vrydag 11 Mei in die Paarlse stadsaal aangebied.

Die konsert, gemik op oud én jonk, word deur die Paarlse Vriende van Afrikaans en die Vriende van die Taalmuseum en -monument aangebied.

Trek die dansskoene aan, want op die program is daar twee boereorkeste van die Boland Boeremusiekgilde - Pieter le Roux se moderne orkes én Danie Willemse se tradisionele orkes.

Boonop sal Koos Koegelenberg, die Paarl se trekklavierkoning, ook sy vernuf ten toon stel.

Die bekende storieverteller Elias Nel sal die gaste lekker laat lag.

Volksliedjies sal afgestof word met ‘n optrede deur die energieke jong lede van die Reverie Trio van die Frank Pietersen Musieksentrum. Die trio bestaan uit Inge Pietersen, Charlene Bogenhagen en Bjorne Kock.

Die sangeres Lize-Lotte Costandius van Wellington sal ligte Afrikaanse liedjies sing. Sy word begelei deur Sunette Botha op klavier.

Die koffiehuiskonsert is ‘n geleentheid vir die hele gesin om saam te kuier, asook vir besighede en organisasies om ‘n tafel vol te maak vir ‘n program ten bate van Afrikaans.

Die seremoniemeester vir die aand is Eion du Toit van die Paarl.

Die program begin om 19:00. Kaartjies kos R50 en sluit ligte verversings in. Dit is beskikbaar by Elsa Olivier (tel 021-863-3839) of by die Afrikaanse Taalmuseum (tel 021-872-3441).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za