Mallies maak musiek
2007-05-03
DIE bekende liedjieskrywer en komponis van die Paarl, Mallies le Roux, se vierde CD “Liewe Jan” verskyn eersdaags.
Om hierdie geleentheid bekend te stel hou hy drie eksklusiewe konserte, twee by Aan de Braak Teater Kafee in Stellenbosch hierdie naweek en een by die Hoër Jongenskool se ontspanningsaal in die Paarl op 9 Junie.
Mallies hou slegs ‘n handvol konserte per jaar. Saam met sy orkes van Ian Visser en Tersius Nimb lewer hy ook ‘n skreeusnaakse vertoning van stories wat nęrens anders gehoor kan word nie.
Mallies se musiek kan ook gehoor word op vyf kompilasie CD’s waar hy saam met baie ander bekende name soos Valiant Swart, Johannes Kerkorrel en Dawid Kramer kragte saamsnoer.
Die heel nuutste kompilasie CD “Genoeg is Genoeg” het ook so pas op die rak verskyn waar hy en nog bekendes soos Bok van Blerk, Koos Kombuis en Snotkop hulle misnoë op ‘n musikale manier uitspreek met die toestand in ons land sover dit wet en orde en misdaad aangaan.
Kaartjies vir die een Stellenbosch vertoning is reeds uitverkoop.
Indien jy belangstel om hierdie geleentheid by te woon, kan jy vir Christine by Aan de Braak skakel (082 335 3105) of vir Marius Heroldt (082 8296 007) vir die Paarl vertoning.
More
News
|