Plaaswerkers welkom
2007-05-03
PLAASWERKERS in die Bergrivier-omgewing kan weer gereed staan om aan die Plaaswerker van die Jaar-kompetisie deel te neem. Dié kompetisie word geborg deur Sanlam en die Wes-Kaapse Departement van Landbou om aan plaaswerkers erkenning te gee vir hul kundigheid en knap werk.
Deelnemers kan meeding in die kategorieë Besproeiingspesialis, Tegniese Operateur, Algemene Werker, Administratief, Junior Bestuur, Middelbestuur en Senior Bestuur.
Doen navraag by Cerina Kruger by (021) 872 1438 vir meer inligting. Inskrywings sluit in Junie.
More
News
|